Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit "Die dye trek die dye aan"
Uit "Die dye trek die dye aan" [boodskap #20541] Ma, 01 Februarie 1999 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Voël
Barend J Toerien
("Parte speel" 1991)

Van kleins af altyd opstandig
met 'n kop van jou eie
het jy jou gang gegaan,
my laat bloos tot agter my ore
toe Juffrou my in onvoldoende kortbroek
onverwags vra om op te staan.

Eienaardige appendant, oor jou aard
help dit nie om na te dink nie;
jy's oorgenoeg befreud, onbeskaamlike
onbetaamlike agterstevoor stert;
dog vir soveel (gedeelde) ekstase sê
ek: dankie.
Vleeslus word alleen gestil deur die
liggaamlike,

al was jou rondtastinge, keer op keer
nooit alleenlik na die lyflike:
daardie tergende wolkskadu _Liefde_
het jy sonder ophou na gebéu'r
en jou kop aanhou bly stamp, rou en disnis;
en met wie en waar is nobody's business.
Re: Uit "Die dye trek die dye aan" [boodskap #20625 is 'n antwoord op boodskap #20541] Di, 02 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Watter wonderlike ironie en humor kan 'n mens tog nie in Afrikaans
uitbeeld nie! So 'n speelse en ironies-humoristiese gespeel met 'n
andersins tere onderwerp laat 'n mens tog lekker kry. (Puns intended! -
hoe sê 'n mens die lg. in Afrikaans??)

Dankie, Gloudina.

@igs.net wrote:

> Voël
> Barend J Toerien
> ("Parte speel" 1991)
>
> Van kleins af altyd opstandig
> met 'n kop van jou eie
> het jy jou gang gegaan,
> my laat bloos tot agter my ore
> toe Juffrou my in onvoldoende kortbroek
> onverwags vra om op te staan.
>
> Eienaardige appendant, oor jou aard
> help dit nie om na te dink nie;
> jy's oorgenoeg befreud, onbeskaamlike
> onbetaamlike agterstevoor stert;
> dog vir soveel (gedeelde) ekstase sê
> ek: dankie.
> Vleeslus word alleen gestil deur die
> liggaamlike,
>
> al was jou rondtastinge, keer op keer
> nooit alleenlik na die lyflike:
> daardie tergende wolkskadu _Liefde_
> het jy sonder ophou na gebéu'r
> en jou kop aanhou bly stamp, rou en disnis;
> en met wie en waar is nobody's business.
Vorige onderwerp: "My vrou" deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: "Jong dogtertjie" deur LINA SPIES
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 15:47:35 MGT 2024